Zolie Markey en Marian Hooman
Zolie Markey en Marian Hooman is twee van Suid Afrika se bekendste en geliefste aktrieses. Tussen die twee het hulle oor die half eeu se optredes agter die rug. Zolie het in populêre flieks soos, Blink Stefaans, Pasgetroud en Nommer asseblief bekendheid verwerf. Sy was vir 5 jaar die Drama dosent by AFDA in Kaapstad. Onlangs was sy te siene gewees in Arendsvlei en die Amerikaanse fliek; Faith in the flames. Sy het die toneelstuk, DIE BOODSKAP, wat hulle na die Voorkamer fees bring geskryf asook die regie behartig.
Marian was die immers gewilde Kotie in Sewende Laan en die gevaarlike moeder in District 9. Sy speel die rol van Anna in die toneelstuk DIE BOODSKAP.